Paul Bede Johnson | |
---|---|
Johnson (regs) word gelukgewens deur Norman Francis en Ruth Johnson Colvin nadat hy in 2006 die Presidensiële Medalje van Vryheid ontvang het | |
Gebore | 2 November 1928 Manchester, Engeland |
Sterf | 12 Januarie 2023 Londen, Engeland |
Nasionaliteit | Engeland |
Beroep | Skrywer, historikus |
Paul Bede Johnson (2 November 1928 - 12 Januarie 2023) was 'n Engelse joernalis, geskiedkundige, toespraakskrywer, en outeur. Alhoewel hy tydens sy vroeëre loopbaan geassosieer is met linkse politieke denke was hy teen die einde van sy loopbaan as 'n konserwatiewe populêre historikus beskou.
Johnson is opgevoed aan die onafhanklike Jesuïete-skool, Stonyhurst Kollege en by Magdalen Kollege, Oxford. Hy het aanvanklik in die 1950's bekendheid verwerf as joernalis vir die New Statesman, waarvan hy later die redakteur was.
Hy was 'n produktiewe skrywer en het meer as veertig boeke geskryf en bydraes gemaak tot verskeie tydskrifte en koerante. Sy seuns sluit die joernalis Daniel Johnson, stigter van Standpoint, en die sakeman Luke Johnson, voormalige voorsitter van Channel 4, in.